SAVF TZANEEN KLEUTERSKOOL

Ons Kleuterskool

SAVF Tzaneen Kleuterskool – ’n plek waar klein hartjies groot drome droom!

Ons staan onder die liefdevolle bestuur van die SAVF, wat ons help om ’n veilige en versorgende leeromgewing te bied. By ons kleuterskool verwelkom ons kleuters van 1 tot 6 jaar, versprei oor 9 klasse: 4 peuterklasse, 2 juniorklasse, 2 Graad RR-klasse en 1 Graad R-klas.

Elke klas is ontwerp om u kind te help groei, ontdek en floreer op hul unieke ontwikkelingspad.

SAVF Tzaneen Kleuterskool
Bestaansjaar
0 ste
Gelukkige Kleuters
0 +
Personeellede
0
geskiedenis

Hoe het ons ontstaan?

Die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie van Tzaneen het die behoefte raakgesien vir ‘n goeie kleuterskool, dagsorgdienste asook versorging van kleuters.

Op 14 April 1970 is SAVF Tzaneen Kleuterskool geopen met 4 klasse , 2 onderwyseresse en 35 kleuters. In 1978 is nog 3 klasse aangebou met elke klaskamer sy eie mini-toilette.

Tans versorg ons 142 kleuters.  Die personeel bestaan uit ‘n skoolhoof, 9 gekwalifiseerde onderwyseresse, 5 klasassistente, 5 bewaarassistente, 6 algemene assistente en 1 finansiële- en adminbeampte.

Na ons 55ste bestaansjaar (2025) kan ons met reg sê ons is ‘n toonaangewende kleuterskool wat jaarliks van krag tot krag gaan.

Skoolgronde

Ons skep ’n veilige en stimulerende omgewing. Die klaskamers is goed toegerus en ons groot speelgronde bied volop ruimte vir ontdekking en pret.

Aktiwiteite

Ons bied ‘n verskeidenheid buitemuurse aktiwiteite aan om elke kind se ontwikkeling en belangstellings te ondersteun.

Skoolbeleid

Ons skool se beleid is daarop gemik om 'n inklusiewe en veilige leeromgewing te skep waar elke kind die kans kry om hul volle potensiaal te bereik.

Ontmoet ons onderwysers

Ons Onderwysers

Agter elke les en aktiwiteit staan ’n toegewyde span onderwysers wat met liefde, geduld en passie werk.

Ons personeel is ervare, gekwalifiseerd en het ’n hart vir kinders – elkeen is hier omdat hulle glo in die waarde van vroeë kindontwikkeling.

SAVF Tzaneen Kleuterskool speelgroepie

Registreer u kleuter

skoolnuus

Ons Nuusbriewe

Hier deel ons stories, glimlagte en spesiale oomblikke! Ouers kan elke kwartaal ons nuusbriewe lees en saam met ons terugkyk op die kleintjies se avonture, prestasies en pret.

stuur vir ons 'n boodskap

Kontak ons