neem deel
Buitemuurse Aktiwiteite
By SAVF Tzaneen Kleuterskool glo ons dat leer nie net binne die klaskamer gebeur nie. Buitemuurse aktiwiteite speel ’n belangrike rol in elke kind se ontwikkeling – dit help met balans, koördinasie, selfvertroue en spanwerk, en dit is boonop groot pret!
Al ons maatjies neem elke week deel aan Monkeynastix of Stimuzone (rekenaars) – hierdie stimulerende lesse is reeds by die skoolfooie ingesluit.
Elke aktiwiteit is gekies met u kind se fisiese, emosionele en kognitiewe groei in gedagte. Ons sien hoe hulle elke week met opgewondenheid deelneem en nuwe vaardighede aanleer!
Addisionele aktiwiteite
Hieronder is bykomende buitemuurse aktiwiteite, wat nie ingesluit is by ons skoolfonds nie. Hierdie aktiwiteite vind plaas tydens skoolure.
Enige vrae?
Kontak gerus ons skool met enige vrae wat u dalk mag hê. Ons help graag!







