ONS NUUSBRIEWE
Asjassie Nuus
Welkom by Asjassie Nuus – waar ons stories, glimlagte en spesiale oomblikke deel!
Hier kan ouers elke kwartaal ons nuusbriewe lees en saam met ons terugkyk op die kleintjies se avonture, prestasies en pret.
2026
Junie 2026
Ons het die kruisiging en opstanding van Jesus gevier. Die hele week is die verhaal behandel en aktiwiteite is gedoen. Vrydag het ons na ’n mooi video oor Paasfees gekyk en weer verduidelik waaroor dit gaan.
Maart 2026
Ons het baie nuwe maatjies by die skool verwelkom. Almal het baie mooi aangepas en is gelukkig. Ons het algemene oueraand gehou en ouers kon hul nuwe onderwyseresse ontmoet.
2025
Desember 2025
So op die einde het ‘n paar nuwe maatjies by ons aangesluit. Baie Welkom! Ons het ‘n pragtige Oupa en Ouma Dag gehad.
September 2025
Ons het weereens ‘n paar nuwe maatjies by die skool verwelkom. Almal het baie mooi aangepas en is gelukkig. Welkom!
Junie 2025
Die Sportdag by Merensky was ‘n baie groot sukses. Die gees onder ons ouers was aansteeklik en elke kleuter wat deelgeneem het, het dit geniet.
Maart 2025
Ons het baie nuwe maatjies by die skool verwelkom. Almal het baie mooi aangepas en is gelukkig. Ons het algemene oueraand gehou en ouers kon hul nuwe onderwyseresse ontmoet.
2024
Desember 2024
Die afgelope paar maande was almal by die kleuterskool weer lekker besig. Die Pa-en-Seun Naweek was weereens ‘n heerlike geleentheid vir ons pappas om bande sterk te maak met hul seuns.