ONS NUUSBRIEWE

Asjassie Nuus

Welkom by Asjassie Nuus – waar ons stories, glimlagte en spesiale oomblikke deel!
Hier kan ouers elke kwartaal ons nuusbriewe lees en saam met ons terugkyk op die kleintjies se avonture, prestasies en pret.

Junie 2025

Die Sportdag by Merensky was ‘n baie groot sukses. Die gees onder ons ouers was aansteeklik en elke kleuter wat deelgeneem het, het dit geniet.

Maart 2025

Ons het baie nuwe maatjies by die skool verwelkom. Almal het baie mooi aangepas en is gelukkig. Ons het algemene oueraand gehou en ouers kon hul nuwe onderwyseresse ontmoet.

Desember 2024

Die afgelope paar maande was almal by die kleuterskool weer lekker besig. Die Pa-en-Seun Naweek was weereens ‘n heerlike geleentheid vir ons pappas om bande sterk te maak met hul seuns.