SAVF TZANEEN KLEUTERSKOOL

Inskrywingsproses

Ons sien daarna uit om u kind deel te maak van die SAVF Tzaneen Kleuterskool-familie! Hier sal u belangrike inligting vir die inskrywingsproses vind. 

Hoe skryf ek my kind in?

Die kleuterskool bied jaarliks ’n opedag aan waartydens ouers en kleuters die geleentheid kry om die skoolterrein te besoek, die fasiliteite te verken, vrae te stel en kennis te maak met die personeel en skoolhoof. Inskrywingsvorms en kontrakte word tydens hierdie geleentheid aan belangstellendes uitgereik.

Indien inskrywings gedurende die akademiese jaar plaasvind, verkies die skoolhoof om vooraf ’n informele gesprek met die ouers te voer ten einde alle relevante inligting oor die skool en die inskrywingsproses te bespreek.

Vir aanlyn inskrywings kan die aansoekvorm op die skool se webtuiste voltooi en ingedien word, waarna die skool u sal kontak om die proses verder te bespreek.

Doen navraag oor inskrywing

Vul asb. die onderstaande vorm in en ons sal met u in kontak tree met die nodige inligting en aansoekvorm. 

Ons nooi u uit!

Uitnodiging van die skoolhoof om skool te kom besoek 

Navraag