Ontmoet ons skoolhoof

Mev. Ronel Steyn

Mev. Steyn het uiteindelik haar wenskool gevind toe sy aan die einde van Julie 2022 by SAVF Tzaneen Kleuterskool aangesluit het. Saam met die res van die personeel bou sy met passie aan die vooruitgang en groei van ’n kleuterskool waar kinders gehalte-opvoeding in hul eie moedertaal ontvang, en waar Christelike waardes en norme nie net aangeleer nie, maar ook daagliks uitgeleef word.

Ronel se missie is om elke ouer, kleuter en familielid met liefde, respek en vriendelikheid te hanteer. Sy volg ’n oopdeurbeleid: geen probleem word onder die mat ingevee nie, maar eerder dadelik en deernisvol aangespreek. Vir haar gaan dit oor die kind—sy of haar ontwikkeling, die bereiking van volle potensiaal, en die uiteindelike doel om goed voorberei te wees vir die grootskool.

SAVF onderwysers
ontmoet ons

Onderwysers

Chantel
Fox
Apieklas
Graad RR, 4-5 jariges
Carina
Theunissen
Beertjieklas
Graad RR, 4-5 jariges
Beonie
Pretorius
KATJIEKLAS
GRAAD R, 5-6 jariges
Martie
Erasmus
BYTJIEKLAS
1-2 jariges
Rasél
Steenkamp
Vlindertjieklas
1-2 jariges
Melinda Opperman
Vissieklas
2-3 jariges
Natasha
Smit
Eendjieklas
2-3 jariges
Marizelle Esterhuizen
Hondjieklas
3-4 jariges
Beanca
Joubert
Hasieklas
3-4 jariges
Ontmoet ons

Adminbeampte

Marlize Schutte

Sy werk sedert 2009 as finansiële administrateur by die kleuterskool. As opgeleide maatskaplike werker ontvang sy ouers, besoekers en kinders met warmte, empatie en professionaliteit. Sy bestuur die skool se finansies met ‘n ferm, maar verantwoordelike hand, in noue samewerking met die skoolhoof wat toesig hou.

Marlize Schutte-min
Ontmoet ons

Klasassistente

Bianca Pohl

Helene van Rooyen

Larichelle de Beer

Randi Snyman

Ester Baloyi

Ontmoet ons

Bewaarassistente

Ria Smit

Philize Basson

Irene de Bruin

Anel Beukes

Ontmoet ons

Algemene assistente